Onderstepoort, Gauteng

Onderstepoort
Onderstepoort is in Gauteng
Onderstepoort
Onderstepoort
 Onderstepoort se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°39′S 28°11′O / 25.650°S 28.183°O / -25.650; 28.183
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
Oppervlak
 • Totaal30,11 km2 (11,63 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal310
 • Digtheid10/km2 (30/vk. myl)
Rasverdeling (2001)
 • Wit mense23.2%
 • Indiërs/Asiërs1%
 • Bruin mense1%
 • Swart mense74.8%
Taal (2001)
 • Noord-Sotho 36%
 • Afrikaans 21%
 • Sotho 8.7%
 • Engels 7.7%
 • Ander 26.6%
Skakelkode054

Onderstepoort is geleë in die noorde van Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika.

Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut en die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde, wat gestig is deur Sir Arnold Theiler, is ook hier geleë. Die instituut is bekend vir tropiese siektenavorsing, en die fakulteit veeartsenykunde het sterk bande met die Koninklike Kollege van Veeartsenykunde in die Verenigde Koninkryk.

Die Veeartsenykundige Navorsingsinstituut Onderstepoort het sedert sy totstandkoming in 1908 ʼn onontbeerlike rol gespeel op die gebied van dieregesondheid in Suid-Afrika. Die stigter van Onderstepoort, sir Arnold Theiler, was een van die pioniers op veeartsenykundige gebied in Suid-Afrika. Sedertdien het groot uitbreiding plaasgevind en vandag beskik die instituut oor 'n groot personeel en gebouekompleks.

Die taak van Onderstepoort bly steeds om die veestapel in die land teen siektes te beskerm. Met hierdie doel voor oë word werksaamhede van die instituut onderverdeel in afdelings vir navorsing, diagnostiek en entstofproduksie. Die Veeartsenykundige Navorsingsinstituut Onderstepoort is ongeveer 11 km noord van Kerkplein in Pretoria geleë.

Sedert sy stigting in 1908 het die instituut 'n onontbeerlike rol op veeartsenykundige gebied in Suid-Afrika gespeel en het die naam Onderstepoort sinoniem geword met navorsing op en die beheer oor 'n groot verskeidenheid van dieresiektes. Onderstepoort het tot stand gekom as 'n uitvloeisel van die krisis waarin die land se vee stapel gedompel was nadat runderpes in die laaste dekade van die 19e eeu in Suid-Afrika uitgebreek het.

Vandag is die meeste van die akute probleme waarmee die oorspronklike veeartsenykundige pioniers te kampe gehad het, grootliks onder beheer of uitgeskakel. Nogtans bly die aanvanklike doelstellings vir die stigting van Onderstepoort steeds van krag, naamlik die beskerming van die veestapel in Suid-Afrika teen siektes en die skep van optimale toestande vir die produksie en reproduksie van hierdie diere.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Onderstepoort". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy